Friday, March 28, 2014

ONS GROET 'N WONDERLIKE MENS

28 Maart 2014 - Lionel groet ons

Vandag het ons ‘n groot juweel voorspoed toegewens op sy nuwe tog uit ons skool. Lionel Marescia groet ons vir die groener weivelde van Hoërskool JG Meiring, waar hy ‘n voormanpos gekry het. Ons beste wense vergesel jou en ons bedank jou vir jou lojale diens aan ons. Toe ons groet vanmiddag het ek geskerts dat ons hom gaan vra om nog vir ons af en toe die skoolvoertuie sal bestuur en raad gee. Getrou aan Lionel se mensliewende geaardheid, het hy gesê: “Maar natuurlik meneer, ek sal help waar ek kan!” Ons dink aan jou met jou nuwe verantwoordelikheid en ons hoop jy betree ‘n vervullende vennootskap met die nuwe skool.
Lionel was vir oulaas ons Nissan.