Friday, March 28, 2014

National Water week - Elsieskraal river clean up

Wow! Dankie julle...

Mev Africa en 5 van ons leerders het Goodwood Kollege verteenwoordig by die Nasionale Waterweek: Elsieskraalrivier skoonmaak. ‘n Inisiatief ondersteun deur die Departement van Waterwese, Stad Kaapstad, Langa Omgewingsaksie Forum (LEAF) en Grand West se omgewingsbestuursisteem. Dit maak my hart so bly dat ons skoolhoof, hoofmeisie en onderhoofseun hulle steun aan die projek verleen het. Dit is hoe ons skool sigbaar word vir die aktiwiteite van die organisasies wat betrokke is in ons gemeenskap. Ons dank en waardering gaan uit na hierdie “sesmanskap” wat ons vandag verteenwoordig het. Julle voeg waarde toe aan ons skool wat ver meer werd is as pêrels!
 
 
Kyk net hoe netjies lyk ons leerders! Hulle was gekomplimenteer oor hulle mooi voorkoms! Ons is TROTS!