Thursday, April 23, 2015

GESELLIGE Brrrrrr. brrrrrr. Landskaphernuwing op sy beste

Soms, onverwags, gebeur dinge wat mens met baie dankbaarheid vul. Die afgelope drie dae al is daar 'n gebrom om en naby ons skool. Die pragtige bome voor ons skool word gesnoei en laat die gebou toe om die son in te lok voor "Winter" met sy grys jas alles verander. Dan staan mens met jou kamera en deel dit met almal. Dankie aan Stad Kaapstad en sy span wat die werk met soveel energie en deeglikheid gedoen het.

KYK LINKS BO HOE LEKKER LOER ONS WEER NA TAFELBERG DEUR DIE BOOMPLAFON.